Woelinge in die ANC

Die wonderlike demokrasie wat in 1994 met groot lawaai die wêreld laat regop sit en Suid-Afrika in ’n dansende politieke era ingelei is, se dae van lekker is aan die verbygaan.

Daar is diegene wat onwrikbaar by Jacob Zuma staan, die bewerings ten spyt dat hy reeds meineed gepleeg het in sy getuienis voor die Zondo kommissie.

Aan die anderkant van die munt lê sy opvolger as president, wat klaarblyklik woedend is oor die Openbare Beskermer se beskuldigings dat hy ondermeer die parlement mislei het oor sy Bosasa donasie van R500,000.

Die Openbare Beskermer is ontevrede dat die ANC regime nou wil ondersoek doen na haar optrede en of sy geskik is vir haar pos as Openbare Beskermer.

Die hofgeding tussen haar en Minister Gordhan spreek van ’n magstryd wat nie maklik beëindig gaan word nie, veral as die president homself nie loskry uit die beskuldiging teen hom nie.

Dit alles is waarskynlik die punt van die ysberg waarin die ANC se groot indoenas hulle tans bevind, en kan dit met reg gesê word dat dit geen positiewe beeld na buite straal van die Ramaphosa regime nie.

Met die jongste gebeure waarin die OB vir Absa klaarblyklik vals beskuldig dat die bank nie sy samewerking wou bied nie, kan die laaste spyker in die doodkis wees om haar onbekwaamheid as OB te bewys.

Die sogenaamde verkrampte Afrikaners het hierdie wrywing reeds 25 jaar gelede voorsien as die uiteinde, maar sê ook dat die huidige spanning tussen die groot ondersteuners van die nuwe demokrasie net die begin is van die groter magspel wat nog sal volg.

Die stryd tussen Zoeloe en Xhosa het nog nie werklik vlam gevat nie, en die dag as dit ontplof, moet Afrikaners nie probeer inmeng nie, en eerder as toeskouer die chaos gadeslaan.