Wet en Orde verval in Venezuela

Die Internasionale Kommissie van Juriste het Venezuela aangespreek oor die verval van wet en orde in die land wat regeer word deur die omstrede president Nicolas Maduro.

Die Waghond organisasie het ’n volledige ondersoek gedoen oor die toestand in Venezuela, veral nadat miljoene inwoners die land verlaat het en ’n heenkome in buurlande gaan soek het.

Die Kommissie het geëis dat die demokratiese institute wat deel van die oplossing is, weer herstel word om die politieke en ekonomiese krisis te beëindig.

Die regering en die Hooggeregshof word ook daarvan beskuldig dat hulle die Nasionale Vergadering van sy gesag gestroop het met die daarstelling van ’n Grondwet Vergadering waarheen die president en sy regeerders gaan in sted van na die Nasionale Vergadering.

Maduro het die Grondwet Vergadering gestig in 2017 nadat die opposisieparty van Juan Guaido die meerderheid behaal het in die Nasionale Vergadering.

Die Kommissie sê in sy verslag daar is geen ruimte vir debatvoering oor die aangeleenthede nie, en die regering is verantwoordelik vir die herstel van wet en orde wat verval het.