VSA wil skeepvaart roete beveilig

Die VSA hoop om sy vennote te oortuig in die volgende weke om ’n militêre koalisie te vorm wat die skeepvaart roete in die waters van Iran en Jemen te beveilig.

Die Amerikaanse plan wat maar pas bekend gemaak is, sal glo tot uitvoering gebring kan word onder sy bevelstruktuur, terwyl koalisie vennote in die operasie die volle seegebied sal patrolleer om die roet te beveilig vir handelskepe.

’n Amerikaanse woordvoerder en Minister van Buitelandse Sake, Mike Pompeo, sê die VSA en verskeie ander lande het reeds ingestem tot so ’n operasie.

Waarnemers reken die gesamentlike operasie kan ook sekerheid bied dat Iran nie olie verkoop aan ander lande nie, wat ’n verdere terugslag sal wees vir die Irannese rgering.  

Amerika verwag dat die volgende paar weke sal toon wie het die politieke wil om die plan voluit te steun ten einde groot druk op Iran te plaas.

Die afgelope paar maande het verskeie handelskepe deurgeloop toe missiel aanvalle op hulle uitgevoer is, en die vermoede is deur die VSA bevestig dat Iran agter die aanvalle sit.