VSA en Sjina hervat handel onderhandeling

Senior onderhandelaars van Amerika en Sjina maak gereed om die onderhandelings te hervat ten einde die handelsoorlog te beëindig met ’n konkrete ooreenkoms.

Alhoewel die vooruitsigte vir die bereiking van ’n ooreenkoms belowend lyk, sal die bestaande heffings nog lank in werking bly, en sal die wêreldekonomie steeds die invloed daarvan voel.

Die onderhandelings wat in volgende week hervat word, kan maande duur, afhangende van die bereidheid in beide kampe om toegewings te maak.

Die handelsoorlog wat bykans ’n jaar lank duur, kan volgens kenners nog maande voortduur, veral as die VSA volstaan met sy eis dat die handels ewewig tussen die twee lande moet verander tot ’n meer gustige situasie vir Amerika.