VSA en Russe wil verhouding verbeter

Senior diplomate van die Verenigde State van Amerika en Rusland poog om die swak verhouding tussen die twee moondhede te verbeter.

Die hernude poging volg nadat President Donald Trump en President Vladimir Poetin tydens die G20 beraad ooreenkoms bereik het om hernude pogings aan te wend om die swak verhouding te verbeter.

Die VSA se senior diplomaat David Hale sal samesprekings voer met die Russiese adjunkminister van Biotelandse Sake, Sergei Ryabkov.

Die ontmoeting wat in Helsinki plaasvind volgende Woensdag, wek internasionale belangstelling en verskeie onderwerpe sal aangeraak word in ’n poging om die verhouding tussen die twee super moondhede te verbeter.

Waarnemers meen dat daar selfs besprekings sal wees oor die uitruil van mense wat tans in beide lande in aanhouding verkeer.