Volgende era van diefstal

Kriminele sindikate het nou oorgegaan tot die volgende vlak van plundering.  Hierdie keer word selfoon torings geteiken waar batterye en koper kabels wag om gesteel te word.

Volgens misdaad kenners is die sindikate hoog georganiseerd en verander kort-kort van wyses hoe om te steel en arrestasies te voorkom. 

Netwerk verskaffers verloor miljoene rande in die proses en verbruikers word dikwels in “stilte” gedompel weens die torings wat buite werking is.

Vir besighede beteken die verlies aan kommunikasie ook derduisende rand se skade aangesien normale besigheid nie bedryf kan word as daar nie selfoon kommunikasie is nie.

Dit blyk dat die rugsteun batterye wat gesteel word na naburige lande gekanaliseer word. Al drie groot netwerk verskaffers in die land is tans besig om met sekuriteite te koördineer hoe om die sindikate hok te slaan.