VN verdoemend teen rookgewoonte

Die Wêreld  Gesondheid Organisasie van die Verenigde Nasies het ’n verdoemende verslag vrygestel teen sigaret rook en die sogenaamde elektroniese sigaret wat deesdae op die mark is.

Die Organisasie sê e-sigarette is sonder enige twyfel skadelik vir die menslike liggaam vir mense wat probeer om op te hou met tabak sigarette.

Die VN se Gesondheid Agentskap het die tabak industrie beskuldig dat hulle valse eise het dat hulle tabak minder skadelik is.

Die VN sê daar bestaan geen geloofwaardige bewyse dat e-sigarette mense help om die rookgewoonte af te leer nie, en reken die e-sigaret sal eerder jongmense aanhelp om tabak sigarette te begin rook.

Die vervaardigings industrie word ook daarvan beskuldig dat hulle met nuwe produkte die mark versterk om ook tabak verkope te stimuleer.