Verset teen Spaanse bulgevegte

Die ou Spaanse kulturele gebruik in die Spaanse dorp Pamplona om met bulgevegte in die strate die toeskouers te vermaak, word nou ernstig teengestaan deur aktiviste in die land.

’n Groot aantal mense met nagemaakte spiese soos wat die bulvegters het, is in ’n optog om beswaar te maak teen die gebruik om die diere met spiese te steek tot hulle ingee.

Die Spaanse feesgeleentheid word deur die aktiviste teengestaan met die verweer dat dit diere mishandeling is terwyl talle bulvegters later in hospitale opgeneem moet word weens beserings wat deur di beeste veroorsaak is.

Die gebruik in Pamplona is dat honderde mense aan die hardloop is om die spesiaal geteelde bulle te ontsnap wat die mense met hulle horings die lug ingooi ten aanskoue van duisende toeskouers.