Verlore stryd teen Ebola virus

Die Wêreld Gesondheid Organisasie van die Verenigde Nasies het verklaar dat die Kongo se Ebola virus verspreiding ’n internasionale krisis geword het.

Die Organisasie sê die internasionale gesondheid noodtoestand omring nou die wêreld en die alarm het afgegaan met die drastiese verspreiding wat waargeneem word.

Die bedreiging dat die virus nou gaan oor spoel na naburige lande het ’n al groter gevaar geword, en waarnemers reken dit kan die ernstigste epidemie in die geskiedenis van die mens word as drastiese teenmaatreëls nie vinnig toegepas word nie.

Ten spyte van die uiters doeltreffende entstof teen die virus, sowel as die bystand van kundiges om die veldtog suksesvol te voer, versprei die virus en het 1,700 mense reeds omgekom terwyl dit onbekend is hoeveel mense besmet is met die virus.

Sowat ’n jaar gelede is voorspel dat die virus onder beheer gebring is en nie verder sal versprei nie, en enkele maande daarna word dit ’n internasionale krisis.

Die lande wat die gouste geraak word, se bevolking van 75 miljoen is volgend waarnemers die gevaar lyn wat bestuur moet word, maar dit wil lyk of die vermoë ontbreek om ’n streng stelsel in plek te kry.