Verlaag salaris van Staatsamptenare

Dondo Mogajane.

Die benarde posisie waarin SA verkeer op finansiële gebied, word weer beklemtoon met die fiskale krisis weens die toekenning van meer geld aan die bankrot Eskom kragvoorsiener.

Die Tesourie benodig R120 miljard en is glo desperaat om die yslike gat toegestop te kry, maar SA se finansies is so deurmekaar dat die land nou in ernstige moeilikheid beland het.

Om die ernstige tekort aan te spreek, sonder om nog meer skuld te maak, sal wees om oorweging te gee aan die vermindering van 10% in die salarisse en lone van alle staatsamptenare.

Dit is die waarskuwing wat dur die Direkteur-generaal van die Tesourie,  Dondo Mogajane, gerig het tot die regering en die staatsamptenare.

Hy het glo bekend gemaak dat die ANC regering ’n tekort van R120 miljard het weens die toekenning van R59 miljard aan die kragvoorsiener Eskom wat deurlopend in ’n finansiële gemors is.

Waarnemers reken egter dat die vermindering in amptenare se vergoeding sal lei tot ongekende verset, en kan selfs beteken dat die regering tot ’n val gebring kan word.