Verkiesingstryd heers in Argentinië

President Mauricio Macri

Die konserwatiewe president van Argentinië, Mauricio Macri, se stryd om weer verkies te word as president, sal nou voortduur tot Oktober wanneer die land na die stembus gaan.

Die eerste geveg om beheer te hou, het die naweek begin met ’n TV onderhoud waarin die president met talle vrae gepeper is.

Die ekonomiese krisis waarin Argentinië tans verkeer, is die grootste klagte teen sy bewind, en sal in die komende maande telkens teen hom gehou word deur die linkse opposisiepartye.

Alberto Fernandez wat as die kandidaat van die linkses in die land gesê het hy is net ’n “gewone mens”, het reeds die eerste klanke gemaak van hoe die ekonomie reggestel kan word, maar die hewige stryd wat gevoer word, is nog in sy begin en waarnemers meen Macri sal slegs die oorwinning behaal deur nuwe planne in werking te stel om die ekonomie te herstel.