Venezuela se twee partye praat weer

Juan Guaido

Die opposisieleier, Juan Guaido van Venezuela het ingestem om ’n volgende rondte samesprekings te voer met die land se diktator, President Nicolas Maduro.

Hy sê sy span sal terugkeer na Barbados om onderhandelinge voort te sit met die regerende Maduro as dit sal help om die demokrasie weer gevestig te kry.

Die twee partye se afgevaardigdes het verlede week in die Karibiese eilande samesprekings gevoer wat deur Noorweë geïnisieer is, maar het Donderdag teruggekeer sonder om enige vordering of ooreenkoms aan te kondig.

Die opposisieleier, Juan Guaido, wat deur meer as 50 lande erken word as die tussentydse regeerder van Venezuela, se onderhandeling span het teruggekeer om die leier te raadpleeg oor moontlike aanpassings in die onderhandelinge wat die week sal hervat.