Venezuela: Peru reël internasionale beraad

Peru het ’n alternatiewe inisiatief begin om die krisis in Venezuela aan te spreek, en wil ’n beraad hou waarby Sjina, Rusland, Kuba, Amerika en ’n hele aantal ander lande genooi is om saam te besin oor die oplossings om Venezuela weer op koers te kry.

Peru was nie te vinde om saam met die ander lande in Suid-Amerika te besin oor optrede ten Venezuela en sy diktator, president Nicolas Maduro nie.

Die beraad is geskeduleer vir 6 Augustus met die gedagte dat die genooide lande sal besin oor moontlike oplossings oor die politieke krisis in die land.

Peri se Minister van Buitelandse Sake sê hulle hoop dat steun verkry sal word om ’n vry en regverdige verkiesing in Venezuela aan te moedig wat kan lei tot die verbetering in die ekonomiese krisis wat miljoene inwoners raak, en minstens vier miljoen mense gedwing het om in buurlande ’n heenkome te vind.