Venezuela opposisie neem drastiese stap

Die opposisieparty in Venezuela wat ook in beheer is van die Nasionale Vergadering van die land, het ’n ad-hoc Raad aangewys vir die Sentrale Bank.

Die bedoeling daarmee is om t verseker dat die land se internasionale reserwes beskerm sal word teen die diktatorskap van president Maduro.

Die hoof van die land se Nasionale Vergadering, Juan Guaido, het vyf kundiges benoem om die ad0hoc Raad te vorm.

Sowat 50 Westerse lande erken Guaido as die tussentydse president van Venezuela omdat president Nicolas Maduro se diktatorskap die land in algehele chaos bestuur het.

Alhoewel Guaido nie wou sê hoe die Ad-hoc Raad sal funksioneer nie, is dit bekend dat hy vroeër die president verhinder het om toegang te kry tot die Sentrale Bank se goud reserwes wat tans in die Bank van Engeland bewaar word.