Venezuela opposisie hou Kongres lewendig


Nicolas Maduro

Die opposisieparty van Juan Guaido in Venezuela sê die land se omstrede diktator, president Nicolas Maduro, probeer nou om die laaste demokratiese instelling te sluit.

Guaido sê die president wil die Nasionale Vergadering van Venezuela sluit omdat dit die enigste plek is waar die opposisieparty hom kan teenstaan.

Die Nasionale Vergadering word tans deur die amptelike opposisie beheer met ’n meerderheid verteenwoordigers, en president Maduro het eers die Vergadering geboikot maar wil die statutêre struktuur nou afskaf.

Waarnemers sê so ’n stap deur die president sal die demokrasie finaal knak, aangesien die opposisie se parlementêre verteenwoordigers daarna geen platform het nie.

Parlementslede van die opposisie is reeds verskeie kere deur die veiligheidsmagte aangerand wat nou met die jongste poging om die Nasionale Verandering te sluit, ’n swaard oor die koppe van opposisielede is.