Twee aardbewings tref Kalifornië

Slegs ’n dag nadat Kalifornië ’n aardbewing gehad het, kom ’n tweede skudding van veel groter omvang in di suidelike del van die deelstaat na vore.

Die tweede aardbewing wat die Richterskaal op 7,1 getrek het, was so hewig dat winkelrakke se voorraad op die vloer beland het en winkeliers veel moeite gehad het om die voorraad weer gepak te kry.

Twee dae tevore het die eerste aardbewing die gebied getref en is 6,4 op die Richterskaal geregistreer wat reeds ’n spoor van verwoesting gelaat het.

Talle mense het beserings opgedoen, en verskeie geboue het skade gekry terwyl groot barste in die aardkors gevind is wat selfs teerpaaie gevaarlik gemaak het en gesluit moes word vir verkeer.

Nagenoeg 1,400 na-skokke is ervaar waarvan sommige so hewig was da dit geboue beskadig het.

Verskeie pad en spoor verbindings moes tydelik gesluit word nadat sekere na-skokke van so hoog as 6,4 op die Richterskaal gemeet is.