Turkye geskrap van F-35 program

Die Verenigde State het die week aangekondig dat Turkye se naam verwyder word van die F-35 Vegvliegtuig Program as gevolg van die land se aankoop van ’n Russiese lugafweer missiel stelsel.

Die VSA het Tuyrkye gewaarsku om nie die bestelling deur te voer met die aankoop van die Russiese S-400 verdedigingstelsel ni, en beklemtoon dat dit nie versoenbaar is met Navo se verdedigingstelsels nie.

Die Russiese S-400 missiel afweerstelsel word tans as die mees suksesvolle en doeltreffendste stelsel ter wereld beskou en is deur Turkye aangekoop nadat beweer is dat die VSA nie bereid was om die bestelling te aanvaar nie.

Die eerste dele van die S0400 stelsel is reeds in Turkye ontvang, en ’n woordvoerder van die regering sê die stelsel sal operasioneel wees teen die begin van 2020.

Verskeie lande het hul tevredenheid teenoor die VSA uitgespreek vir hulle optrede teen Turkye se weglating uit die F-35 program, veral omdat die VSA vroeëre versoeke tot die skorsing van Turkye geïgnoreer het.

In reaksie op die VSA se besluit het Turkye se Minister van Verdediging gesê die Amerikaanse regering se optrede is onbillik en vertroebel die verhouding tussen die twee lande.

Turkye vervaardig sowat 900 onderdele vir die F-35 wat nou deur ander lande se vervaardigers gelewer sal word, maar die verskuiwing kan die VSA sowat $500 miljoen kos, maar sal Turkye ook ’n verlies van miljoene dollar aan inkomste besorg.