Tonne kakao in ongeluk verlore

Duitse polisie meen ’n ongeluk wat plaasgevind het met ’n vragmotor het gelei tot die skade van 17 ton kakao wat vervoer was.

Die kakao was oor ’n wye gebied gestrooi en die pad moes gesluit word vir verkeer om die terrein op te ruim.

Na raming is die skade aan verlore kakao op R120,000 gestel, waarvan die grootste del nie herwinbaar is nie.

Di ongeluk het plaasgevind op Duitsland se bekende outobaan toe die vragmotor wat die kakao vervoer aan die brand geslaan het.     

Die vragmotor bestuurder kon daarin slaag om ongedeerd te ontsnap uit die brandende voertuig, maar die sjokolade poeier is vernietig.

Die ongeluk wat tussen Berlyn en Hamburg plaasgevind het, het konsternasie veroorsaak en die sluiting van die pad het ’n groot opeenhoping van voertuie veroorsaak wat etlike ure geneem het om op te klaar.

Die kakao bone wat uit die Demokratiese Republiek van die Kongo afkomstig is, het glo ’n ernstige tekort aan sjokolade veroorsaak, maar noodvoorraad is inderhaas per vliegtuig aangevul.