Theresa May, trots en teleurgesteld

Premier Theresa May

Die Britse Eerste Minister, Theresa May, tree binne enkele dae uit as Brittanje se premier, en in haar laaste BBC se TV onderhoud as premier, het sy ’n paar belangrike opmerkings gemaak.

Sy verlaat die premierswoning met ’n tikkie hartseer, maar ook met gemengde gevoelens van trots en teleurstelling.

Sy sê sy het rede om trots te wees oor die werk wat gedoen is geurende haar termyn as Eerste Minister, maar het ook ’n graad van teleurstelling omdat daar soveel meer is wat gedoen moes word.

Dit was haar ideaal om Brexit te laat slaag en daarmee die meerderheid in die Verenigde Koninkryk se wens vervul het, maar dit is haar nie gegun nie.

Haar vertrek as premier is as gevolg daarvan dat die Britse parlement nie haar ooreenkoms met die Europese Unie kon aanvaar nie, en sy erken dat sy die teenstand in die parlement onderskat het.

Op 24 Julie trek Phillip en Theresa May die voordeur van Downingstraat 10 agter hulle toe en sal ’n nuwe premier kort daarna die nuwe bewoner wees.

Wie die nuwe Eerste Minister van Brittanje gaan word, sal binnekort bekend wees – dit staan tussen Boris Johnson en Jeremy Hunt.

Johnson is ongetroud en kan dalk as premier sy vriendin saam sleep na Nommer 10, terwyl Jeremy Hunt getroud is en saam met sy gesin die nuwe woonplek sal betrek as hy gekis sou word.