Taiwan koop oorlog toerusting by VSA

Die Verenigde State van Amerika se Departement Verdediging het die verkoop van militêre toerusting aan Taiwan goedgekeur.

Die VSA sal nou voorsien word van M1A2T Abrams tenks asook Stinger missiele en verwante toerusting van ’n beraamde $2.2 miljard, het die Pentagon bekend gemaak.

Die besluit volg nadat Sjina se Minister van Buitelandse Sake verlede maand gesê het sy land is bekommerd oor die wapenverkope van Amerika aan Taiwan.

Sjina wat Taiwan as deel van sy staat beskou, het Amerika versoek om nie die wapentuig te verskaf omdat dit bilaterale bande sal beskadig.

Die Taiwanese bestelling sluit ondermeer ook in die lewering van 108 M1A2T Abrams tenks en 250 Stinger missiele ten einde ’n militêre balans se vestig.