Stedelike munisipaliteite se krag-manewales

Die stadsraad van Johannesburg het stilweg die nuwe vooraf betaalde elektrisiteit heffing teruggetrek wat teen verbruikers gehef is.

Die toepassing van die munisipale heffing het as ’n verrassing gekom omdat dit nie ingesluit is in die voorgestelde begroting van die CitiPower se tarief dokument wat in Maart vrygestel is nie.

Die heffing van R200 is stilletjies teruggetrek en is nie op 1 Julie teen verbruikers gehef nie, en sou aanvanklik deel van die tarief uitmaak, maar sou ook as ’n onwettige handeling gesien kon word.

In Pretoria het die stadsraad klaarblyklik hulle kragtariewe wederregtelik verhoog sonder enige toestemming, en het daarmee veroorsaak dat hulle die optrede in die hof moet verdedig.