Staatskas plundering gaan voort

Eskom gaan ‘n verdere R59 miljard oor twee jaar ontvang van die regering om die bankrot kragvoorsiener staande te hou.

Dit volg op die R69 miljard wat reeds goedgekeur is vir ’n tydperk van drie jaar.  Eskom se skuld beloop tans R440 miljard en word beskou as die grootste risiko vir die Suid Afrikaanse ekonomie. 

Hoeveel geld nog gestort gaan word in die entiteit, is nie bekend nie, maar ekonomiese deskundiges is dit eens dat Eskom nooit die skuldlas self afgelos sal kry nie.