Spaanse Sosialiste kry parlementêre bloedneus

Pedro Sanchez

Die Spaanse parlement het die poging van die Sosialiste om ’n regering saam te stel en erken te word deur die parlement, gefnuik en die aansoek verwerp.

Pedro Sanchez, die leier van die Sosialiste se aansoek om deur die parlement bevestig te word as Eerste Minister, is summier verwerp, en het hy opdrag gekry om ’n tweede poging aan te wend met die samestelling van ’n koalisie regering.

Die verwerping deur die opposisie partye word beskou as die land se grootste politieke krisis in baie jare, en dui reeds op die moontlikheid dat die vierde algemene verkiesing binne twee jaar gehou sal moet word.

Dit hang dus nou van die Sosialiste, wat nie ’n meerderheid in die parlement het nie, maar die grootste steun gekry het in die verkiesing, om nou ’n ooreenkoms te kry met die vêr-linkse party van Spanje.

Die linkses verwag egter op van die mees senior poste as ministers te kry voordat hulle sal instem tot ’n koalisie regering.