Soweto se enorme skuldlas

Soweto is uitgewys as die groot sondaar as dit kom by uitstaande skuld aan Eskom.  In die jongste syfers word aangetoon dat Soweto se skuld aan die kragvoorsiener meer as R17 miljard beloop. 

Verlede week het tegnici gedreig dat hulle nie meer herstelwerk sal verrig in woonbuurtes waar hulle veiligheid bedreig word nie, waarvan dele van Soweto ook skuldig staan. 

Herman Mashaba, die burgemeester van Johannesburg pleit egter vir inwoners wat wel betaal en benadeel sal word deur die “klein” aantal persone wie nie betaal nie. 

Onwettige krag aansluitings is eerder die reël as die uitsondering in die woongebied, en Eskom werkers durf nie waag om die gevaarlike en onwettige aftap drade te verwyder nie.

Inligting wat bekom is lui dat waar aftap drade verwyder is, dit die volgende dag weer met ʼn nuwe “kraaines” vervang is.