Soveel skuld, wat nou?

Die adjunk van die Nasionale Tesourie wil die salarisse van staatsamptenare met 10% verminder om sodoende die tekort van R120 miljard uit te wis.

Die tekort het ontstaan weens ’n oorbesteding wat plaasvind, en is volgens ekonome nie verskillend van wat die oorgrote meerderheid munisipaliteite in die land doen nie.

Deskundiges wys egter daarop dat die uitwissing van die enorme skuldlas nie so maklik gedoen kan word nie want daar staan nog ’n paar wolwe en wag hulle beurt af.

Die vraag op almal se lippe is wat gaan van Denel, die SABC, die SA Lugdiens, en ander sukkelende staats entiteite word wat ook vra vir reddingsboeie.

Kenners het egter gewaarsku dat die vermindering van staatsamptenare s salarisse en lone nie net kan lei tot landswye stakings wat ernstige gevolge inhou vir die finansiële situasie van Suid-Afrika.