Smokkelaars van mense vasgetrek

’n Britse hof het verlede Vrydag agt mense wat betrokke is by mense smokkelary veroordeel waarby meer as ’n honderd mens van Pole mislei is.

Dit is die grootste aantal mense wat in die moderne slawerny op misleidende wyse ingetrek is wat nog ooit in Europa was wat dan na Brittanje gelok is.

Die grootste aantal van die slagoffers is mens wat by dwelmmiddels of alkohol verwante probleme betrokke is en dan belowe word dat hulle werk met goeie vergoeding sal kry in die verenigde Koninkryk.

Gratis huisvesting en mediese versorging word ook aan die slagoffers voorgehou, maar uiteindelik is hulle vasgevang in uiters haglike toestande en mot hulle dikwels as seksslawe diens verrig.

Die veroordeeldes is skuldig bevind aan mens smokkelary, bedrog, en slawerny en sal tussen 3 en elf jaar lank agter tralies deurbring.

Die hof moes aanhoor dat pogings om te ontsnap feitlik nooit slaag nie, en wanneer so ’n persoon betrap word, kan die smokkelaars swaar “strawwe” toepas om ander wat dit oorweeg, af te skrik.