Skorsing van OB?

Die Regspraktyk Raad is deur Accountability Now(AN), ‘n nie-winsgewende organisasie, versoek om die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane,  se naam te skrap van die advokate rol. 

Dit volg na die Konstitusionele Hof se uitspraak dat sy  in kwade trou opgetree het en onder eed gelieg het.  Adv Paul Hoffman, ‘n direkteur by AN, het in ‘n skrywe aan die Regspraktyk Raad gesê dat die bevindings teen die OB ernstig en  finaal is en dat haar eerlikheid, integriteit en bevoegdheid as OB daardeur geraak word. 

Sou die OB geskors word en/of indien daar hangende ondersoeke teen haar is sal dit die sake waarby sy tans betrokke is in gedrang bring. 

Gaan dit ‘n agterdeur vir die ANC president, Cyril Ramaphosa, ooplaat om haar bevindings teen hom ongedaan te maak.