Sjina spioeneer op VSA weermag operasies

Woordvoerders van die Australiese Departement van Verdediging het gesê hulle het vasgestel dat ’n Sjinese waarnemer skip besig is om te spioeneer op die militêre see oefeninge wat tans gehou word.

Die skip wat net buite se seegebied van Australië lê, doen waarnemings oor die Amerikaanse en Australiese see oefening wat tans deur die twee lande gesamentlik gehou word.

Ongeveer 25,000 Australiese ne Amerikaans militariste aan boor van toegeruste oorlogskepe en vegvliegtuie sal die volgende maand praktiese oefeninge doen.

Luitenant-Generaal Greg Bilton wat aan die hoof staan van die gesamentlike oefening sê die vermoede bestaan dat die Sjinese waarneming skip waarskynlik onderweg was na die noordelike kusgebied van Australië om die oefeninge beter waar te neem.

Hy het gesê die Sjinese skip word gemonitor en behoorlike maatreëls word getref om die skip se spioenasie pogings uit te skakel.