Russe gereed vir samesprekings met VSA

President Vladimir Poetin

President Vladimir Poetin van Rusland is gereed om dialoog te voer met die Amerikaanse president, Donald Trump.

In ’n verklaring sê Rusland hy is gereed om ta praat oor ontwapening en die vestiging van groter stabiliteit wat ook beter verhoudinge sal meebring tussen die twee moondhede.

Poetin sê hy het die moontlikheid van so ’n dialoog reds in Japan tydens die G20 beraad met die Amerikaanse president bespreek, en bygevoeg dat dit konkrete voordele inhou as die bepaalde onderwerpe tot ooreenkomste kan lei.

Hy sê Rusland is gereed daarvoor, en die onus is nou op Ameika om so ’n geleentheid werklikheid te maak.