Rupert se siening verander oor SA

Johann Rupert

Johann Rupert word aangehaal in ʼn boek geskryf deur Pieter du Toit, die Stellenbosch Mafia, en sê dat SA op die rand van ʼn afgrond verkeer met veral die moontlikheid dat David Mabuza die volgende president van die land kan word. 

Rupert het glo sy geloof in die ANC verloor ten spyte van sy noue verbintenisse met Mandela, Mbeki en Ramaphosa in die laat negentiger jare. 

Sy kinders het reeds die land verlaat weens die gevaarlike situasie in SA en die persoonlike aanvalle op hom en sy gesin.  Hy beweer verder dat sy telefoon “getap” word en maak die stelling dat daar onluste in die land gaan wees as Ramaphosa nie die land se ekonomie herstruktureer nie. 

Rupert het egter nie meer vertroue in Ramaphosa om die land reg te ruk nie.