Regstelsel struikel met geld tekort

Die nuwe nasionale direkteur van openbare vervolging, Shamila Batohi, het aangekondig dat die NVG nie genoeg fondse het om al die salarisse hierdie finansiële jaar te betaal nie. 

Meer as 550 poste is in gedrang wat verminder sal moet word om binne die begroting te bly. Die NVG sit reeds met ʼn tekort aan aanklaers in die howe en met die groot taak om korrupsie en die staats kapings sake te hanteer blyk dit bykans onmoontlik om alle gedoen te kry. 

Die NVG se beeld is die afgelope jare tydens Jacob Zuma se “verlore jare” baie geskaad en met ʼn tekort aan bekwame personeel sal die stryd teen misdaad opdraand wees.