Ramaforie aan sy einde

Dit blyk dat die ANC se president, Cyril Ramaphosa, se wittebrood verby is met sake leiers wat gefrustreerd is met sy tempo van hervorming en sy skaduagtige aanstellings in die kabinet en portefeulje voorsitters. 

Ekonome verklaar dat sy kabinet aanstellings asook sy staatsrede geen vertroue ingeboesem het nie.

Vele beloftes,  maar detail van befondsing om die beloftes te realiseer ontbreek.  Kompromie aanstellings om faksie gevegte binne die ANC te verhoed maak dat portefeuljes  soos onderwys en mannekrag met persone sit wat nie die vermoë het om die probleme in hul departement aan te spreek nie.  Chris Schutte,  HUB van Astral Foods, verklaar dat  Ramaphosa se “bullet” treine en nuwe stede ‘n hersenskim is aangesien meeste munisipaliteite sukkel met dienslewering.

Die FW de Klerk Stigting was nie beskikbaar vir kommentaar na hul uitgesproke ondersteuning van die president nie.