Pretoria munisipaliteit ondoeltreffend

Die Pretoria Munisipaliteit is uiters ondoeltreffend en self arrogant met alles wat hulle verkeerd doen, sê die woedende inwoners van die hoofstad.

Die onverantwoordelikheid om kragtoevoer af te sny in groot gebiede van die stad sonder om vooraf waarskuwings te stuur, is genoeg om sakelui en huisvroue warm om die kraag te maak.

Groot gebiede word tans geteister met kragonderbrekings, waarvan sommige meer as ’n uur lank is en sakeondernemings in duisternis laat terwyl rekenaars en ander toerusting op ongeleë tye gestol het om data te verloor. 

Toe groot dele van Pretoria se noordelike voorstede se water afgesny word, het die humeure opgevlam, en moes mense inderhaas elders water vind vir hulle kombuis skottelgoed en badkamers.

Die noordelike voorstede is red vir meer as 36 uur sonder water in die krane, en geen aanduiding is gegee oor hoe lank mense nog in die ongerieflike en onhigiëniese omstandighede moet voortleef nie.

Die onverklaarbare kragonderbrekings word as ondoeltreffende funksionering van die munisipaliteit ervaar en inwoners beskuldig die stadsraad en sy werkers dat hulle nie net arrogant en traak-my-nieagtig is nie, maar ook lamlendige bestuursvermoë openbaar.