Pompeo bereid om Iran te besoek

Minister Mike Pompeo

Die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Mike Pompeo, het die naweek gesê hy is bereid om na Iran te gaan indien hy versoek sou word om dialoog te voer om die spanning te verminder.

Minister Pompeo het erken dat die spanning tussen die twee lande ’n ongekende hoë vlak bereik het en is bereid om gesprek te voer as dit nou noodsaaklik geword het.

In ’n TV onderhoud met Bloomberg het hy gesê hy sal graag na Iran gaan en met die mense van die land praat as dit die oproep is wat gedoen word.

Die spanning tussen die twee lande het ontstaan nadat President Donald Trump beswaar gemaak het teen die Obama-ooreenkoms met Iran wat “nutteloos” is omdat Iran steeds kernwapens kan ontwikkel ingevolge die ooreenkoms.

Kort daarna het Trump onttrek uit die ooreenkoms en Iran versoek om saam te werk tot die versigting van ’n nuwe ooreenkoms, maar dit is summier van die hand gewys.

Gedurende die afgelope paar maande het die verhouding verder versuur met die krisis in die Golf seegebied, en Iran het verlede week bevestig dat hy nie met die VSA sal onderhandel nie.