Perspektief: Ongelykheid is die sleutel

Die gereelde refrein van “ongelykheid” in welvaart, in geleenthede en nog wat word gereeld deur die liberale media verkondig.

Konteks vir die huidige sosio-ekonomiese werklikhede van Suid -Afrika word egter opsetlik verswyg:

ANC (lees “voorheen benadeelde”) korrupsie is die énigste faktor wat aanleiding gee tot armoede in ons land;

daar kan geen blaam op ‘n gewaande “ongelyke verlede” geplaas word nie – ingeligde lesers is wel bekend met die ware omvang ontwikkeling van die swart tuislande na 1948 met ons belastinggeld.

Sedert 1976 het die ANC-SAKP alliansie (en meelopers) die land se infrastruktuur sistematies geteiken en vernietig wat deur blanke SA opgebou was vir ons landgenote.

Sedert 1994 het hierdie proses versnel, en is die middele van die eens suksesvolle staats-infrastruktuur geplunder tot in die grond.

Dit is daarom tyd dat ons onder die vaandel van “VOLKSEIE” ongelykheid sal neem as innoverende sleutel tot ontsluiting van ons vryheids-plan!

Vryheid is nie ‘n bestemming nie, en die volkseie ekonomie is ‘n kern-belangrike katalisator tot die suksesvolle uitvoering van enige vryheids-plan.

Ons moet daarom aanspraak maak op eweredige ongelykheid!

Ten eerste:

“ongelykheid” in die liberale mond moet verwerp word as die misleidende term wat dit is;

Wat die hoofstroom wêreldmening tipeer as “ongelyk” is meermale niks anders die as die REGVERDIGE VERDELING van arbeidsvrug en die opbrengs van eerlike produktiwiteit nie.

Histories het ons volk (in wording en in groei) ‘n land gevestig en na onderdrukkende korrupsie en imperial gierigheid moes die Patriotte, later die Voortrekkers, die Boere twee maal ons land en ekonomie uit niks her-opbou.

Oor dieselfde periode het die inheemse volke mekaar (én ons) geplunder, eerder as om iets vir hulleself te bou.

In drie dekades van “vryheid” is hierdie plunder-patroon bloot tot nuwe hoogtes gevoer.

Daarom moet ons hierdie werklikheid as bate benut:

ons moet die regverdige definisie van “ongelykheid” ook daadwerklik begin toepas en die vrug van ons ondernemings, vervaardiging en verbouing begin verskans teen die vrugtelose verspilling van die regering se kommunistiese beleidsrigtings.

Indien ons dieselfde innoverende denke wat ons ekonomie tussen 1902 en 1994 gebou en uitgebrei het aan die dag lê, op gesonde beginselgrondslae, sal ons weer ons eie middele kan opbou.

Dit is tyd om – na voorbeeld van die regering se ongelykheid, op dieselfde aanspraak te maak deur ons eie huis weer eerste te stel.

HOE KAN ONDERNEMINGS DIT DOEN?

1.       Fokus op tegnologie, maar verskans daardie tegnologie binne volkseie kring;

2.       Volkseie indiensneming: indien ons die beste tegnologië verskans, kano ns regeringsdruk vir diskriminasie teenstaan;

3.       Maak die ondernemings sterk en onmisbaar, soda tons die punt bereik wat ons duidelik “NEE” kan antwoord op toekomstige eise;

4.       Hou ondernemings klein en buigsaam genoeg om vrystellings van diskriminerende wetgewing te kan benut;

5.       Terwyl tegonologië ontgin word, neem nogtans mense in diens – dit versprei die ekonomiese voordeel uit ons ondernemings na soveel moontlik volkseie gesinne;

6.       Skep volkseie beursfondse en ondersteun volkseie skole en instansies wat ons mense oplei, werk bied en versorg; dit versprei genoegsame balans van winste om die verlies aan belastings te beperk.

Deur korttermyn rykdom in ons volk te investeer kan oor die komende dekades ons volkseie strukture eksponensiëel versterk.

Dit is dieselfde voetspoor waarop weeskinders van ons volk in 1838 en weer in 1902 ingeneem was, geleenthede gebied was …

Die grootste hekkie om te eerste te oorkom is die strikke van materialisme: indien meer van ons volk bereid is om enkele opofferings te maak. 

Klein treë, saam met ‘n doelgerigte vryheidsplan, is menslik gesproke die enigste antwoord, want ‘n gedwonge samestelling van “een SA” is onwerkbaar solank 80% van die bevolking weier om te werk, te bou of te bewaar.