Openbare Beskermer onder druk

Busisiwe Mkhwebane 

Argumente wat die Openbare Beskermer aangevoer het in haar verslag, word nou skerp veroordeel deur Minister Gordhan se ondersteuners, maar die ANC se president Ramaphosa swyg oor die aangeleentheid.

Ingeligte waarnemers sê Busisiwe Mkhwebane het as Openbare Beskermer verkeerdelik opgetree deur die ANC se Pravin Gordhan haar enigste opdrag te maak wat hom aan die pen sal laat ry.

Dit blyk dat haar verslag nie sonder foute is nie, en dit word nou verhef tot die verkeerdheid van die verslag.

In stede dat sy konsentreer op die feite van die saak waaroor haar verslag is, kla sy oor die moeilike omstandighede waaronder gewerk word.

Sy verwys in die verslag na die doods dreigemente wat sy ontvang het, en ’n “misterieuse” motorongeluk waarin sy betrokke was en verwys ook ’n ’n voorval waar een van haar personeel vergiftig is ’n hospitaal behandeling moes ontvang.

Oor die tersaaklik feite het min na vore gekom behalwe om ’n aanbeveling te maak dat die president die minister moet afdank.