Oorwinning vir Hong Kong aktiviste

Carrie Lam

Hong Kong se politieke leier, Cassie Lam, het erken dat die Sjinese optrede die reaksie van inwoners ontketen het en gesê die voorgenome wetgewing is nou “dood”.

Die wetgewing wat alle hofsake sou verskuif na Sjinese howe, het woede laat opvlam en meer as 2 miljoen inwoners van die stad het in ’n massa optog geprotesteer.

Dit word as die grootste protes optog beskou wat nog ooit in Hong Kong gehou is, en met die verkeerde optrede van die polisie, het dit ontaard in ’n gewelddadige verset aksie.

Later het Cassie Lam gesê die beoogde wetgewing is op ys geplaas, maar dit het gelei tot ’n opvolg aksie van die studente, en daarna het die vroue van die stad in hulle duisende beswaar gemaak teen die polisie se optrede en die beoogde wetgewing wat op ys geplaas is.

Die bedanking van Cassie Lam is geëis, maar sy het verseg om te bedank, maar moes later bevestig dat die voorgenome wetgewing “dood” is, alhoewel die demokrate van die stad twyfel oor die waarheid daarvan.