Onderwys kantore brand

Die distrikskantoor van die Departement van Onderwys in Pietermaritzburg was die teiken van brandstigters. Dokumente, rekenaars en administratiewe toerusting is in die brand totaal vernietig. 

Dit sal tot gevolg hê dat kurrikula en sillabusse se voorsiening tot stilstand gaan kom.  Die Departement kon nie bevestig of matriek uitslag rekords ook vernietig is nie. 

Indien dit die geval is, sal werkgewers seker oorval word met aansoekers wat “skielik” nou graad 12 geslaag het.

Universiteite sal moeilik aansoekers kan keur indien die departement nie uitslae kan verifieer nie.