Olietenkskip: Iran versus Brittanje

Vyf bote wat klaarblyklik aan Iran behoort, en onder beheer is van die sogenaamde Iranian Revolutionary Guards, het ’n Britse olietenkskip in die Golf seegebied genader.

Die Britse skip is gevra om te stop in die seegebied van Iran, maar het die wyk geneem toe ’n Britse oorlogskip op die toneel verskyn en die vyf bote waarsku om weg t bly van die tenkskip.

Die Britse oorlogskip, ’n Tipe 23 Fregat HMS Montrose, het glo in geen onduidelike taal laat verstaan dat geen hindernis van die Britte se olietenkskip geduld sal word nie.

Waarnemers sê dit is merkwaardig dat die Britse Minister van Verdediging geen kommentaar wou lewer oor die voorval nie, en die vermoed bestaan dat Brittanje greed is vir enige aanvalle wat Iran en sy alliansie vennote sou oorweeg.

Die optrede volg nadat Brittanje ’n olietenkskip van Iran gekaap het wat onderweg was met ’n vrag olie na Sirie terwyl dit ’n oortreding van die internasionale regulasies is wat betref die sanksies wat teen Iran ingestel is.