Oekraïne president handhaaf belofte

President Volodymyr Zelenskiy

Die nuut verkose president Volodymyr Zelenskiy van die Oekraïne is duidelik nie meer die grapjas soos sy land hom gesien het toe hy as vermaaklikheidskunstenaar sy volk laat lag het nie.

Die president het ’n senior streekverteenwoordiger uit ’n vergadering gejaag en ook geskors uit sy amp in die uitsaaiwese omdat dit bekend geword het dat hy ’n kriminele rekord het.

:Gee pad hier, jou bedrieër, hoor jy nie wat eg beveel nie?” het die president hom toegesnou terwyl die ander lede van die vergadering hom met handeklap toegejuig het vir sy ferme optrede.

Die vermaaklikheidskunstenaar het in April die algemene verkiesing gewen in die land en is kort daarna ingehuldig as president wat onderneem het om alle korrupsie uit te roei en kriminele oortreders te laat vervolg.