OB vs Ramaphosa die week se geveg

President Cyril Ramaphosa

Na verwagting sal die stryd tussen ANC president Cyril Ramaphosa en die Openbare Neskermer, Busisiwe Mkhwebane, hierdie week op die spits gedryf word wanneer die Hooggeregshof in Pretoria sy beslissing Dinsdag sal gee oor die R500,000 wat die president op sy bankrekening gehad het.

Die president het klaarblyklik ’n leuen vertel in sy toespraak en antwoord op ’n vraag in die parlement oor die som geld.

Busisiwe Mkhwebane het bevind dat Ramaphosa die lde van die parlement mislei het oor die Bosasa skenking wat die organisasie se hoof, Gavin Watson, aan hom oorbetaal het.

Verskeie antwoorde het die parlementslede se ore bereik, waarvan twee tyfel laat ontstaan het oor die waarheid daarvan toe gesê is dat dit sy seun se geld is, en daarna ’n ander antwoord gegee.

Die misleiding het Busisiwe Mkhwebane laat besluit om die geval vir verdere hantering oor te dra aan die Nasionale Vervolgings Gesag.