OB soos bloedhond op Ramaphosa

Pravin Gordhan

Die omstrede Openbare Beskermer van Suid-Afrika se optrede het nou ook in die buiteland opspraak verwek met haar bevinding dat Curil Ramaphosa moet optree teen sy minister, Pravin Gordhan.

Die OB, Busisiwe Mkhwebane, het bevind dat Gordhan betrokke was by die oprigting van ’n “intelligensie eenheid” terwyl hy in diens van die SA Inkomstediens was..

Mkhwebane beweer ook dat minister Gordhan die parlement mislei het, ’n derhalwe die aangeleentheid op toepaslike wyse deur die ANC president Ramaphosa hanteer moet word.

Die verdoemende aanklag teen Gordhan kan vêrreikende gevolge inhou van die Ramaphosa regime, maar kan ook lei tot ’n lang en uitgerekte hofgeding tussen die minister en die Openbare Beskermer.

Vroeër het die OB ook ’n negatiewe verslag uitgebring oor groot bedrae geld wat die ANC president ontvang het in sy persoonlike bankrekening.