OB se hof skuld ruk haar

Die Openbare Beskermer van Suid-Afrika, wat deur Jacob Zuma aangestel is, se hof skulde het so veel geword dat sy kwalik die bedrag sal kan aflos.

Onbevestigde berigte lui dat sy nou aangebied het om R100 per maand af te betaal om die skuld te verminder.

Een van die hofsake, wat verband hou met die Absa bankiers, het haar uiteindelik R900,000 gekos, en teen ’n aanbod wat sy gemaak het, gaan dit waarskynlik nie die rente delg nie.

Sonder om rente op die bedrag te bereken, beteken dit dat die OB sowat 750 jaar gaan betaal om een hofsaak se skulde af te los.

Waarnemers het spottenderwys gesê hulle beveel aan dat die OB ’n kuur ontwikkel wat haar lewe met honderde jare sal verleng.