OB ontmasker ANC president

Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het waarskynlik die ANC president, Cyril Ramaphosa, finaal ontmasker in haar verslag waarin sy aandui dat hy die parlement mislei het.

In die verslag word gemeld dat Ramaphosa die parlement mislei het oor die R500,000 wat hy ontvang het van Bosasa toe hy oor die aspek deur die opposisie uitgevra is.

Die OB skryf in die verslag dat sy president Ramaphosa in goeie trou moes optree maar instede daarvan ’n antwoord verstrek het terwyl hy geleentheid gehad het om eers sy eie “ondersoek” te doen na die inbetaling.

Waarnemers wys daarop dat die situasie die president in ’n uiters onbenydenswaardige posisie plaas, maar die ANC het intussen ’n verklaring uitgereik waarin hulle hul volle vertroue in Ramaphosa stel.

Die Openbare Beskermer het ook daarop gewys dat enige geld wat aan die president betaal word gedurende sy verkiesingsveldtog, moet verklaar word.

Sy het ook die vermoede dat die president hom skuldig gemaak het aan geldwassery, en die opmerking is begroet met ’n reaksie dat dit absurd is.