OB ondersoek SAID se Kieswetter aanstelling

Die omstrede Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, wil glo twee ondersoeke doen waarvan die aanstelling van SAID se hoof, die een belangrike ondersoek sal wees.

Die aanstelling van Edward Kieswetter as hoof van die inkomstediens sal onderwerp word aan een van die ondersoeke.

Kieswetter wat in Mei in sy nuwe pos begin het, is glo reeds besig om die inmekaar getuimelde SAID reg te ruk, is deur die Ramaphosa regering aangestel.

’n Tweede ondersoek wat glo verband hou met personeel aangeleenthede word ook in die vooruitsig gestel, en waarnemers is onseker of die Openbare Beskermer nog in diens sal wees om die twee ondersoeke aaf te handel vanweë die ernstige aanklagte teen haar.