OB kry nog ’n slaan stok

 Busisiwe Mkhwebane

Die magstryd is besig om nuwe tendense na vore te bring, en die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het intussen nie stilgesit nie, want sy beskik oor ’n nuwe stok om die president mee te slaan.

Alhoewel die regsverteenwoordigers van die ANC president vol vertroue is dat sy saak oor die R500,000 wat in sy bankrekening inbetaal is deur Bosasa, blyk dit dat die OB nuwe gegewens het wat dit moeiliker maak vir die regspan.

Busisiwe Mkhwebane het nou begin met ’n nuwe ondersoek na Eskom se kontrakte met onafhanklike kragvoorsieners, waarby die president glo betrokke kan wees.

African Rainbow Energy and Power, wat besit word deur Patrice Motsepe is een van die onafhanklike kragvoorsieners wat in die ondersoek betrek word.

Die eienaar is glo aangetroude familie van Jeff Radebe en Cyril Ramaphosa en nou het die OB in ’n skrywe aan Eskom versoek dat die tersaaklike dokumente aan haar kantoor beskikbaar gestel word.