OB kan Ramaphosa sink

Die omstrede Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, is besig om terug te veg teen die ANC politici, waarvan Cyril Ramaphosa en Pravin Gordhan die hoofrolle vervul.

Ramaphosa probeer die OB se pogings te kelder deur in hofstukke te vra dat haar optrede gestaak moet word, maar die beskuldiging staan nog steeds dat hy versoek of beveel is om stappe te neem teen minister Gordhan.

Pravin Gordhan het die hof genader :on sy naam in ere herstel te kry” weens die bevindinge wat die OB in haar verslag oor hom geskryf het en dat die president met gepaste stappe teen hom moet optree.

Die president se versoek dat die hof Busisiwe Mkhwebane se opdrag moet stop, kan gevaarlike gevolge vir hom inhou as die hof ’n ander uitspraak lewer.

Waarnemers reken die president se optrede om kant te kies ten gunste van Gordhan kan hom ook in die moeilike situasie bring dat die hof kan bevind dat die OB se verslag geldige argumente bevat wat uitgevoer moet word.