Nuwe bank op landbou gerig

Die minder bekende Bank van Athene se belange in Suid-Afrika is deur ’n plaaslike groep oorgeneem en die naam is verander na Grobank, wat wil fokus op landbou finansiering.

Die Bank het die ervare Bennie van Rooy as hoof aangestel, wat met sy jare lange ervaring in die Land Bank ’n aanwins behoort te wees.

Landbou finansiering is ’n ingewikkelde bedryf waar slegs ervare amptenare en direkteure ’n sukses kan maak van finansiering aan landbouers.

Met die jongste verwikkeling in die landbou met die regering se grondgryp projek, sal Grobank waarskynlik ook poog om “opkomende” landbouers te ondersteun met finansiering.

Onbevestigde berigte lui dat die bank sal fokus op die toename in opkomende boere wat noodwendig finsiering gaan nodig kry.