Nuusflitse

Eskom tegnici weggejaag

Eskom het aangekondig dat hul nie verder aandag aan foute in Diepsloot noord van Johannesburg gaan gee nie.  Tegnici is weggejaag uit die gebied en gedreig met geweld.  Intussen is ʼn nuwe Rea Vaya bus stasie in Orlando, Soweto aan die brand gesteek tydens geweldadige betogings rondom krag voorsiening.

Kruger hek gesluit

Voortslepende protes optredes in die Kruger Nasionale Park het daartoe gelei dat die Kruger Hek gesluit is.  Besoekers is aangeraai om van die Phabeni en Numbi hekke gebruik te maak vir toegang tot en uitgang van die park.  Die segsman van SANPark, Isaac Phaahla, het in ‘n verklaring gesê hul weet nie waaroor die protes optredes is nie.