Noord-Kaap benodig groot hulp

Boere in die drooggeteisterde Noord-Kaap het baie dringend, groot bedrae geld se hulp nodig om staande te bly na meer as ses jaar van bykans geen ren nie.

Groot dele van die provinsie lyk soos dit by Loeriesfontein en Brandvlei lyk, waar die kaal vlaktes weinig bied vir ’n boer s vee.

In onafhanklike opnames wat gemaak is, sal die boere slegs staande kan bly as nagenoeg R700 miljoen se droogtehulp beskikbaar gestel word.

Die regering het tot hede ’n blinde oog gehad vir die boere, maar uiteindelik het die Adjunk-president Mabusa gesê hy beplan om ’n besoek te bring aan die gebied.

Suid-Afrika se kommersiële boere het gewoond geraak om self die mas op te kom wanneer die natuur ten hom draai, en winterkoue, hael, ryp, windstorms en droogtes is vir hom niks vreemd nie, net soos wat die regering se ongevoeligheid en onsimpatieke benadering ook nie vrese laat ontstaan nie.

Daar is egter perke – en een daarvan is dat ’n droogte van etlike jare soos tans in die Noord-Kaap beleef word, enige boer kan vernietig, en dan behoort die owerheid sy helpende hand te bied om hulle staande te hou.